Sport

By Laerskool Swellendam bied ons ‘n verskeidenheid van somer- en wintersportsoorte aan. Met pragtige sportvelde, tennis- en netbalbane asook krieketnette en toutrekfasiliteite, bied dit leerders die geleentheid om hul talente en vaardighede ten volle te ontwikkel. ‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees, daarom moedig ons leerders aan om aan soveel moontlik sportkodes deel te neem.

Sien ons oefentye op School communicator of onder buitemuurse aktiwiteite.