Kultuur
Ons skool beskik oor die buitemuurse dienste van twee musiekonderwyseresse wat gedurende skoolure en na skool klavier, blokfluit, kitaar en klawerbord onderrig teen ekstra vergoeding. Die Helen O'Grady Drama Akademie is ook by ons skool betrokke. Akteurs van 6 - 18 jaar word die fyner kunsies van selfvertroue, kommunikasie en kreatiwiteit aangeleer. Vir meer inligting, sien hier onder.
'n Kultuur-Uur word jaarliks in Oktober gehou en dan hou die musiekleerders ook nog 'n aparte Musiekaand om al die talent te wys.
Die ATKV-Leeskompetisie word goed deur ons graad 6 en 7-leerders ondersteun waar die nuutste jeuglektuur gelees en bespreek word. 'n Eksterne ATKV-eksamen word dan ook op 'n vasgestelde datum geskryf.
Helen O’Grady Drama Academy
Die buitemuurse drama-klasse word deur die Helen O’Grady Drama Academy by die skool aangebied. Die klasse is geskik vir ouderdomme 6 - 18 jaar en word op ‘n Dinsdagmiddag aangebied. Die Internasionale kurrikulum fokus op SELFVERTROUE, KOMMUNIKASIE en KREATIWITEIT.
Om aan te sluit of vir meer inligting kontak Jacques by 074 903 7025 of besoek www.helenogrady.co.za
The extra-mural drama classes at the school are presented by the Helen O’Grady Drama Academy. The classes are suitable for ages 6 – 18 years and are held on Tuesday afternoons. The international curriculum focusses on SELF CONFIDENCE, COMMUNICATION and CREATIVITY.
To attend, or if more information is needed, contact Jacques at 074 903 7025 or visit www.helenogrady.co.za
Koor
Redenaars
Debat
Eisteddfod
Drama
Musiek
