top of page

Akademie

Happy School Kid

Akademie

Ons fokus is om 'n unieke plattelandse leeromgewing te skep waar elke kind tot sy volle potensiaal kan ontwikkel. Ons sien hierdie taak as ʼn opwindende uitdaging om te verseker dat elke leerder in sy totaliteit aangespreek word. In 'n wêreld wat neuro-diversiteit omarm, is dit ons strewe om onsself sodanig te posisioneer om enige leerder te akkomodeer en te ondersteun met kundige opvoeders, leerondersteuning en terapeute by die skool. Ons integreer met tegnologie en revolusionêre onderrigstrategieë om ook ons begaafde leerders se vlerke te laat sprei.

Colorful Alphabets
German Teacher

Remediëring

Laerskool Swellendam beskik oor die dienste van remediërende opvoeders wat leerders met leerprobleme in noue samewerking met die skoolsielkundige en ander personeel van die plaaslike skoolkliniek identifiseer en remedieër.  Ons huisves 'n arbeidsterapeut en leesterapeut. Spraakterapie en addisionele ondersteuning met betrekking tot voorlesing en skriba's.  Elke leerder se persoonlike behoeftes word deur 'n gedigte Skoolgebaseerde Ondersteuningsspan gemonitor en gedokumenteer.

bottom of page