top of page
Splattered Paint

Kultuur

Laerskool Swellendam beskou die ontwikkeling van die kind op kulturele gebied as baie belangrik. Gevolglik kan daar na jare se insette met trots gekyk word na dit wat elke jaar bereik word. 'n Kultuur-Gala aand word jaarliks gehou en dan hou die musiekleerders ook nog 'n aparte Musiekuur om al die talent te wys.

Swellies Dans

Dans

Dans is 'n opeenvolging van ritmiese bewegings van die liggaam. Dit word gewoonlik uitgevoer op die maat van die musiek deur 1 mens, 'n paar of 'n groep. Dans bied baie goeie oefeninge vir die brein asook die liggaam en help om spiere soepel en sterk te maak, asook die energie vlakke te verhoog of verlaag.
Dans rus jou toe om met noodsaaklike lewensvaardighede bv. Selfdissipline, kreatiwiteit, kritiese denke, leierskap en spanwerk. 
Al hierdie eienskappe sal op enige gebied of in enige toekomstige loopbaan tot jou voordeel wees.

Drama

Die Swellies het ‘n passie vir Drama, en leerders word aangemoedig om hulself te verryk deur deel te neem aan die skool konsert, spreekkore, voordrag en dan natuurlik ook aan die Swellie toneelgroep!  Ons besoek en neem ook deel aan verskeie erkende toneelfeeste.  Die dramaspan gaan toer en stel hulle akteursvernuf op die verhoë van ander dorpe ten toon.

Swellies Drama
Piano Recital

Eisteddfod

Die bywoning van eisteddfods vir laerskoolkinders is 'n opwindende geleentheid waar talente skitter. Hulle deel hul kreatiwiteit deur toneel, musiek en poësie, wat nie net selfvertroue opbou nie, maar ook 'n liefde vir kultuur kweek. Hierdie ervaring skep trots en gemeenskapsgees terwyl elke kind se unieke gawes blink.

Kuns

Laerskool Swellendam is trots op die uitstekende bevordering van visuele kuns die afgelope paar jaar. Leerders word nie net blootgestel aan die kurrikulum vereistes nie, maar delf aansienlik dieper in die geskiedenis van kunsvorms, kuns bewegings en dien kunswerke geïnspireer deur verskeie tydperke se kunstenaars. Ons glo dat elke leerder 'n kunstenaar en skepper is en hoe meer uniek die werk, hoe beter. 

Daar word aan verskeie kuns kompetisies deelgeneem, eisteddfod en ons spog met ons skool se eie interne kuns uitstalling.

Ekstra hulp vir passievolle kunstenaars word ook gebied.

art intro
Children Singing in a Choir

Koor

Onderleiding deur Mnr Jako Tomlinson, beskik die skool met twee kore nl. Grondslagfase "Graad 1-3" en Seniorfase "Graad 4-7"

Koorsang vir laerskoolkinders is 'n betowerende belewenis waar stemme harmonieus saamvloei. Dit bevorder nie net musikale vaardighede nie, maar kweek ook samewerking en selfvertroue. Die kore sing jaarliks eisteddfod waar goud gewerf word. Deur die loop van die jaar tree die kore ook op by vele ander funksies en geleentheded

Musiek

Mnr. Jako Tomlinson is ons musiekonderwyser. Hy sal van Maandag tot Vrydag beskikbaar wees vir
die onderrig van klavier, blokfluit, kitaar, baskitaar, sang, ukulele en dromme, asook voorbereiding vir
eksamens. Mnr Bernard Hurner gee privaat Vioollesse. Musiekonderrig vir laerskoolkinders is 'n ryk ervaring wat kreatiwiteit en selfuitdrukking aanmoedig. Deur ritmes, melodieë en instrumente te ontdek, ontwikkel kinders nie net musikale vaardighede nie, maar ook kritiese denke en sosiale samewerking. Hierdie opwindende reis bevorder 'n liefde vir musiek en kweek 'n lewenslange waardering vir klank.

Guitars
Swellies Redenaars

Redenaars

Swellie redenaars is die plek waar ons elke kind, van Gr. 1 tot Gr. 7, die geleentheid gee om hul opinies te lig in 'n veilige omgewing. Ons is trots Afrikaans sprekendes en speel juis daarom lekker met die verskeie elemente van ons mooi taal, van idiome, humor, stories, feite tot sommernet sê goed! 

Dit is vir ons belangrik dat leerders weet hulle is geregtig op hul eie opinie, maar dat jy jou argument op so manier moet stel dat jy gegronde stellings maak en dit met plesier kan oordra aan ander.

Ons hou jaarliks ons interne redenaars kompetisie en neem deel aan ander eksterne kompetisies soos ATKV en Radikale Redenaars.

Alhoewel dit harde werk vereis met baie navorsing bied hierdie kultuur aktiwiteit soveel waarde vir elkeen se lewenspad. Jy leer soveel meer as net 'n toespraak. Kom word deel van die Swellie Redenaars en jy sal sommer gou 'n klomp nuwe vaardighede baasraak.

bottom of page